Newton's 3rd Beeld Article


This article hasn't been published, click here to publish it!

Contribution By

Newton's 3rd
Poster Avatar

Source: http://www.beeld.com/Leefstyl/Nuus/Bulder-dat-hare-waai-20090823


Bulder dat hare waai
2009-08-23 18:41

Carina Laubscher

Newtons 3rd is n splinternuwe Johannesburg-gebaseerde musiekgroep wat sedert 2008 as meedonlose viertal besig is om blitsig opgang in die swaarder musiektoneel te maak.

Verlede maand het hulle hul by die Opus Rebellius-fees by Cool Runnings, Fourways, tussen geraasgroepe soos Warthane, Fragmented Children en Facing the Gallows goed van hul taak gekwyt met hul eerste groot optrede. Die sweet het behoorlik gespat daars woes koppe en hare geswaai met nuwe aanhangers wat gretig gegryp het na die hande vol demo-CDs wat tussen hulle ingegooi is.

Newtons 3rd het konstruktief moles gemaak te midde van die bulderende metal-genre wat die toneel daardie aand oorheers het. Hulle gaan gewis binne n paar maande die rock- en metal-liefhebbers se aandag by rockfeeste begin trek en dit moeiteloos behou.

Plus het met Jaco Botha, die groep se hoofsanger en kitaarspeler, gesels.

Julle beskryf jul styl as progressiewe metal. Wat maak dit anders as gewone metal?

Progressiewe metal is eerstens eerder n manier van skryf as n klank. Jy kan eintlik doen net wat jy wil solank daar n natuurlike vloei is, of selfs onnatuurlik, indien dit deel van n groter idee vir die musiek is. Gewone metal is maar bekend vir die volume en vinnige kitaar? progressiewe metal se intensiteit is meer emosioneel en psigies. Ons spesifieke styl is dat elke instrument eintlik redelik basies is op sy eie, maar al die stukke saam vorm die klank (soos klassieke musiek, minus die viool). Ons voel nie dat ons die musiek skryf nie. Die musiek volg sy natuurlike rigting ons is bloot die medium waardeur dit gefiltreer en gevorm word. Die musiek is eerste en die lirieke se idee en vorm spruit uit die emosie of storie wat deur die musiek in mens se kop geplant word.

Op jul demo-CD, Drops of Blood, het julle net drie snitte opgeneem The Compass, Mum en Tick. Julle is baie snoep. Is daar binnekort n vollengte-album op pad en wat kan n mens te wagte wees?

In die toekoms sal ons beslis eers n kortspeler wil bekend stel, gevolg deur n vollengte-album. Ons is nie haastig nie. Ons wil eerder meer tyd spandeer en n gehalte-produk lewer. Die fokus is egter nou op konsertoptredes sodat die musiek vooruit kan loop totdat ons die CDs het om te bemark. Dis waar die res van ons repertoire gehoor kan word op die verhoog.

Daar is nie baie vrouetromspelers op die plaaslike musiektoneel nie, veral nie vroue met die fyngeboude Bronwyn se aggressiewe, donker styl nie. Waarom is dit so?

Daar is net te veel gemors daar buite! Baie dames raak verlore tussen die krake weens die hype van vrouetromspelers se (kastig) belangrike voorkoms en verhoogpersoonlikheid eerder as ware talent. Bronwyn wil egter eerder as n musikant bekend staan. Sy is beslis nie n poppie wat speel vir die aardigheid daarvan nie.

Jul musiek is nie volgens n spesifieke struktuur geskep nie, met byna filosofiese lirieke, talle ritmevlakke en intense, klipharde kitaar- en tromwerk. Heelwat headbangers sal jul optredes gate uit geniet maar wil julle meer mense as net die metalheads bereik?

Beslis. Enigiemand wat hou van mental liberation is presies die soort mense met wie ons praat. Die pragtige ding van progressiewe metal is dat dit nie noodwendig aan n sekere soort musiekliefhebber gekoppel word nie. Ons het al talle rockers tegekom wat ook maar van n goeie dosis progressive hou. Progressiewe metal is n verstommende musiekgenre wat gewoonlik onoorbrugbare verskille in smaak kan afbreek en in n lekker siniese love fest verander.

Add a Comment
Guest
Avatar
Only .jpg files supported



Please verify your humanity...
Question:What is nine plus eight?
Answer:
Your answer must be a numeral and not a Roman one. Example: 1,3 or 4.
Please login or register to remove verification and secure an identity.

Share this on any one, two or more of the following sites?
Facebook Stumble Upon Google Bookmarks
Digg Twitter Yahoo Bookmarks
De.licio.us Muti Reddit


find more news | add an article